Carnival City sal behoorlik die tafel vir die Carnival City 400, die laaste ronde van die Absa-Veldrenkampioenskap wat op 19 en 20 November plaasvind, dek.

Daar sal kos en verversings by verskeie punte van die stadion se veldrenbaan wat in die kompleks geleë is, te koop aangebied word. Die stadionfasiliteit sal die fokuspunt van die byeenkoms wees en daar word verwag dat die voorren wat op Vrydag, 19 November om 12h00 daar plaasvind, baie aandag sal trek. Die begin, einde en sentrale dienspunt Saterdag sal ook daar wees.

“Heelwat maatskappye stel daarin belang om BBP-gasvryheidfasiliteite te huur,” het die koördineerder, Charmaine Fortune, gesê. “Laas jaar is meer as 1 500 BBP-gaste met van die beste kos en ’n ongelooflike skouspel voorsien en ons verwag om dié syfer in November te ootref.”

Die hoofren wat uit drie rondes van die 135 km-roete bestaan, begin Saterdag, 20 November om 08h00 en die eerste voertuig word om 13h30 terug verwag.

Original article from Car