John Weir-Smith en Geoff Minnitt (Kopanong Hotel Superteam-Jimco) het tot voor die Toyota-handelaars 400 ‘n kans gestaan om die Spesiale Voertuigkampioenskap te wen, maar moes ongelukkig onttrek as gevolg van ‘n stukkende dryfas.

Weir-Smith en sy plaasvervanger-navigator, Joe Lima, het die Lesotho Sun 400 gewen en ’n goeie resultaat tydens die Lydenburg-byeenkoms kon hulle in lyn vir die kampioenskap geplaas het, maar dit is nou geskiedenis en hul strategie is nou om die Carnival City 400, die laaste ronde van die Absa-Veldrenkampioenskap, algeheel te wen.

“Ons het ‘n dryfas in die voorren gebreek en moes albei dryfaste as ’n voorsorgmaatreël vervang het,” het Weir-Smith gesê. “Ons het nie en dit help nie om oor gedane sake te huil nie. Met die kampioenskap wat nie meer binne my bereik is nie, is dit my strategie om die Produksievoertuie te laat les opsê en die Carnival City 400 algeheel te wen.”

“Die toestande sal die BMW 540- V8-aangedrewe Kopanong Hotel Superteam-Jimco goed pas en ek is vol vertroue dat ons ’n voorsprong bo die Lexus V8-, die Corvette LS-1 V8-, die Nissan V6- en Audi V8-aangedrewe Spesiale Voertuie sowel as bo die fabrieksingeskrewe Ford en Nissans sal hê.”

André Botha en Beans Heydenrych het aan die moeilike hanteringseienskappe van die tweewielaangedrewe Kopanong Hotel Superteam-Chevy V8 gewoond geraak, maar hulle word sedert die middel van die seisoen deur kragstuurprobleme gepla.

“Dit het ’n tydjie geneem om aan die monster gewoond te raak en dit is nie die maklikste voertuig om te bestuur nie,” het Botha gesê. “Ons tye het het met elke ren verbeter, maar die frustrasie oor die raaiselagtige kragstuurprobleem, word nou bietjie te veel om te hanteer.”

“Die hele stelsel is vir die Toyota-handelaars 400 vervang, maar toe ek die Chev voor die aanvang van die ren Saterdagoggend aanskakel, het die kragstuur weer eens opgepak. Hopelik is die probleem voor die Carnival City 400 uitgesorteer. Ek en Beans sal die seisoen graag op ’n noot wil afsluit.”

Die nuwelinge, Chris Fick en Robert Knight, wat nog net een ren in die Klas D-Kopanong Hotel Superteam-Land Rover kon voltooi, het ’n goeie ren in Lydenburg beleef totdat hulle ’n sementblok getref en die voorste veringstelsel vernietig het.

Dit was ’n seisoen met gemengde resultate vir die Kopanong Hotel Superteam, maar almal is vol vertroue dat die Carnival City 400 die draaipunt gaan wees.

Original article from Car